|
Geskryf deur Arne Botha
|
|
Woensdag, 26 Oktober 2011 14:34 |
|
HOOFLEIERS 2012

Roelof Erasmus (Onderhoofseun, Leandré Botha (Hoofdogter), Charl Esterhuyse (Hoofseun) en Maryke Erasmus (Onderhoofdogter.
|
|
|
Rabie se Mooistes bederf Bejaardes |
|
|
|
|
Geskryf deur Arne Botha
|
|
Woensdag, 26 Oktober 2011 14:45 |
|
Wenners van die Mnr. en Mej. Rabie-kompetisie 2011, het onlangs die aftree-oord, Adolf Schauder besoek. Die wenners het munte gekollekteer onder hulle mede-skoliere en dié geld is gebruik om die bejaardes te bederf met ‘n pakkie eetgoed en ‘n plantjie om Lentedag te vier. Die bejaardes was baie verras en het dit baie waardeer. Hierdie leerlinge het ook tweedehandse klere en nie-bederfbare kos ingesamel by die skool en aan ‘n maatskaplike werkster van ACVV oorhandig.

J.P. Stoffberg, Mnr. Andrew Rabie 2011 asook Mnr. Oos-kaap Hoërskole en Simoné Lessing, Mej. Andrew Rabie 2011 by een van die inwoners van Adolf Schauder tehuis vir Bejaardes

Leandré Botha, Casey-Leigh Felix, Clarise Bezuidenhout, Simoné Lessing en Wikus Bezuidenhout by een van die inwoners van Adolf Schauder. |
|
Laas Opdateer op Woensdag, 26 Oktober 2011 14:55 |
|
Geskryf deur Arne Botha
|
|
Maandag, 05 September 2011 12:16 |
|
Die Rabie personeel en leerders het op Vrydag, 2 September 2011, Loslitdag gevier en soos 'rock-sterre' aangetrek. Loslitdag word elke jaar gevier en die geld wat ingesamel word is ten bate van gestremde persone.

Die 3 wenners: Vlnr: Ruan van der Kuil, Simoné Lessing, Mnr. Allers en Bianca Moolman
Stanley Allers en Nadia Botha.
Die sekretaresses en personeel het ook in hul 'Rocker-klere' gepronk.
|
|
Laas Opdateer op Maandag, 05 September 2011 13:49 |
|
Splinternuwe Bussie vir die skool |
|
|
|
|
Geskryf deur Arne Botha
|
|
Donderdag, 25 Augustus 2011 10:16 |
|
Die skool ontvang 'n splinternuwe skoolbus as nalentenskap van die Wêreldbeker Sokker 2010.

Mnr. Jan Willem van Huyssteen van die ingenieursfirma BKS, oorhandig namens die Nelson Mandela Metropool Munisipaliteit, die bus se sleutels aan die skoolhoof, Mnr. Schreuder.

Die Hoofleerlinge is net so opgewonde oor die nuwe bussie.
Vlnr: Ricco Botha (Onderhoofseun), Elizna Schutte (Hoofmeisie), Mnr. Schreuder, Wikus Bezuidenhout (Hoofseun) en Daleen Botha (Onderhoofmeisie) |
|
Geskryf deur Arne Botha
|
|
Woensdag, 24 Augustus 2011 09:39 |
|
Oud-springbokke het ‘n reünie bygewoon tydens die Springbok / All Blacks toets op 20 Augustus in Port Elizabeth.

Joggie Jansen, die senter wat altyd onthou sal word vir sy doodvat op Wayne Cottrell in die PE toets in 1970 saam met Mnr. Lieb Schreuder tydens ‘n gala-funksie in die Veremark-saal

Oudspringbokke, Johann van der Merwe en Divan Serfontein saam met een van Andrew Rabie se leerlinge, Clarease Bezuidenhout by die “Fan Park” by Hoërskool Andrew Rabie.

Johann van der Merwe, Oud-Springbok, saam met Johan Claasen, Oud-Springbok, rugby-speler asook keurder en afrigter van die seëvierende 1970 Springbok-reeksoorwinning oor die All Blacks.
|
|
|
|
|
<< Begin < Vorige 1 2 3 Volgende > Einde >>
|
|
JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL |