ATKV – Rabieratels

ATKV Rabieratels lewer ‘n bydra om die Afrikaanse-taal, kultuur, kennis en kreatiwiteit onmisbaar te maak en aktief deel te hê aan nasiebou en versoening in ons land Suid-Afrika.  Ons hooffokus as tak by Hoërskool Andrew Rabie is om kuns, kuktuur en onderwys te bevorder. Ons bederf onderwysers met ‘n klein ATKV aandenking tydens hul verjaarsdae asook onderwysers wat vaders en moeders is tydens Vaders- en Moedersdag met ‘n cappuccino en melktertkolwyntjie.

Ons grootste projek, wat jaarliks ‘n groot sukses is, is ons matriekprojek.  Met dié projek gee ons aan elke matrikulant ‘n bederf pakkie met die nodige skryfbehoeftes vir hul finale matriekeksamen.

Ander projekte wat ons doen is:

- Ontdekking van nuwe Afrikaanse woorde en skyfievertoning
- Kleurvolle Pretloop
- Viering van Erfenisdag