Gedenklesing

Memorial Lecture

Gedenklesing

Die Andrew Rabie Gedenklesing

Die jaarlikse Andrew Rabie Gedenklesing vorm ’n belangrike deel van Hoërskool Andrew Rabie se ryk tradisie en erfenis. Hierdie besondere geleentheid word jaarliks aangebied om die lewe, waardes en nalatenskap van Dr. Andrew McGregor Rabie, na wie ons skool vernoem is, te herdenk en te vier.

Die Gedenklesing is meer as net ’n formele byeenkoms — dit is ’n oomblik van refleksie, inspirasie en rigting. Dit bring leerders, ouers, oudleerders, personeel en gaste bymekaar om stil te staan by die waardes waarop ons skool gebou is, en om te besin oor die rol wat elkeen van ons speel in die voortbou van daardie nalatenskap.

Elke jaar word ’n besondere spreker genooi om die Gedenklesing te lewer — iemand wie se lewe en prestasies die waardes van leierskap, integriteit, diens en uitnemendheid weerspieël. Hierdie boodskappe dien as inspirasie vir ons leerders om groot te dink, doelgerig te leef en ’n positiewe verskil in die wêreld te maak.

Die Gedenklesing vorm ook deel van ons stigtingsmaandvieringe, waartydens ons nie net ons geskiedenis vier nie, maar ook ons visie vir die toekoms bevestig. Dit herinner ons daaraan dat, hoewel ons trots is op waar ons vandaan kom, ons net so gefokus is op waarheen ons oppad is.

By Hoërskool Andrew Rabie glo ons dat tradisie betekenisvol bly wanneer dit leef in die dade en waardes van elke nuwe generasie. Die Gedenklesing is ’n kragtige herinnering dat elke leerder deel is van ’n groter storie — ’n storie van groei, karakter en uitnemendheid.

Hier, waar tradisie en vooruitgang hande vat, leef die nalatenskap voort.


The Andrew Rabie Memorial Lecture

The annual Andrew Rabie Memorial Lecture is a proud and meaningful tradition at Andrew Rabie High School. This special occasion honours the life, values, and legacy of Dr. Andrew McGregor Rabie, after whom our school is named.

More than a formal event, the Memorial Lecture is a moment of reflection, inspiration, and purpose. It brings together learners, parents, alumni, staff, and invited guests to reflect on the values that define our school and to consider the role each of us plays in carrying that legacy forward.

Each year, a distinguished guest speaker is invited to deliver the lecture — someone whose life and achievements reflect leadership, integrity, service, and excellence. These messages inspire our learners to think boldly, live with purpose, and strive to make a meaningful impact in the world.

The Memorial Lecture also forms part of our Founders’ Month celebrations, where we honour our past while reaffirming our vision for the future. It reminds us that while we are proud of our history, we are equally committed to shaping what lies ahead.

At Andrew Rabie High School, we believe that tradition remains powerful when it lives through the values and actions of each new generation. The Memorial Lecture stands as a reminder that every learner is part of something greater — a story of growth, character, and excellence.

Here, where tradition meets progress, the legacy lives on.