Andrew Rabie is ‘n trotse rugby skool, waar ons al sedert 1953 tot hede talle Craven week en Suid-Afrikaanse skole spelers opgelewer het. Rabie se rugby is bekend vir hulle goeie hardloop rugby en groot harte waarmee hulle, hul teenstaanders aanpak. Die seuns kry goeie afrigting onder ‘n bekwame span afrigters in alle fasette van die spel. Na 2 jaar van geen sport is ons dankbaar om weer in 2022 te kon begin rugby speel. Die jaar het Damian Zaaiman O.P. 0/16 rugbyklere verwerf en het aan die Rhino week deelgeneem tydens die Julie vakansie.
Ons bied ook elke jaar ‘n sportdag aan wat aan die einde van die 1ste kwartaal plaasvind. Ons rugby, hokkie en netball spanne neem ywerig deel daaraan.
Ons sien uit na volgende jaar, wat die skool se 70ste bestaansjaar is. Ons gaan die jaar met groot ywer aanpak en gaan beslis groot fees vier!
Andrew Rabie is a proud rugby school where we have produced many Craven Week and South African school players since 1953. Rabie's rugby is known for their good running rugby and the big hearts with which they go up against their opponents. The boys receive exceptional coaching under a competent team of coaches, in all facets of the game. After 2 years of no sport we are grateful to be able to start playing rugby again in 2022. This year Damian Zaaiman was awarded E.P. U/16 rugby and participated in the Rhino week during the July holidays.
We also host a sports day every year at the end of the 1st term, where rugby, hockey and netball teams participate.
We are especially looking forward to 2023, which is our school’s 70th birthday. We are tackling the year with utmost excitement. It will certainly be a time of celebration and festivity.